Date: 10th September 2015 to 10th September 2015
Universiteit Stellenbosch, Drama Departement bied aan:
Die Prinses en die Ertjie (Teks en Regie: Schalk van der Merwe) is ‘n opvoedkundige en vermaaklike stuk wat beide oud en jonk sal vermaak. Die stuk maak gebruik van studente as deel van hul têrsiere opvoeding by die Drama Departement en poog om jonger teatergehore te ontwikkel vir die US, Stellenbosch en ander gemeenskappe.
‘n Opwindende storielyn en verwerking van ‘n klassieke kinderverhaal maak die storielyn toeganklik vir die gehoor en gee ‘n plaaslike Suid Afrikaanse geur met diverse nuwe karakters wat hul verskyning maak.
Die Prinses en die Ertjie nooi almal uit na die kaskenades van die jaloerse koninging Drestia wat enigiets sal doen om haar seun prins Max te beskerm. Soms net te veel! Wanneer ‘n natgereënde Prinses Flavia by die paleisdeur opdaag, moet Drestia planne maak voordat Max en Flavia verlief raak! Tydsuur: 50 minute
Alle ouderdomme
Vriendelike groete
Schalk van der Merwe
Lektor – Teaterwetenskap en Spraak
Universiteit van Stellenbosch
Tel: +27 21 808 9546
Die Prinses en die Ertjie (Teks en Regie: Schalk van der Merwe) is ‘n opvoedkundige en vermaaklike stuk wat beide oud en jonk sal vermaak. Die stuk maak gebruik van studente as deel van hul têrsiere opvoeding by die Drama Departement en poog om jonger teatergehore te ontwikkel vir die US, Stellenbosch en ander gemeenskappe. ‘n Opwindende storielyn en verwerking van ‘n klassieke kinderverhaal maak die storielyn toeganklik vir die gehoor en gee ‘n plaaslike Suid Afrikaanse geur met diverse nuwe karakters wat hul verskyning maak.
Die Prinses en die Ertjie nooi almal uit na die kaskenades van die jaloerse koninging Drestia wat enigiets sal doen om haar seun prins Max te beskerm. Soms net te veel! Wanneer ‘n natgereënde Prinses Flavia by die paleisdeur opdaag, moet Drestia planne maak voordat Max en Flavia verlief raak!
Tydsuur: 50 minute
Alle ouderdomme
Kaartjies R30, beskikbaar by die deur